Vir God se Mense (Siegfried Maré)
Soms is eerlike konfrontasie nodig. En tog stap baie van ons wye draaie daar om, want ons is bang vir die pyn. Ons is bang dit maak ander boos. Ons is bang dat ons hulle dalk sal verloor.
Maar soms moet mens ter wille van die verhouding, ter wille van die ander persoon, ter wille van die liefde, verkeerde dinge uitwys. En dit is vanuit hierdie motivering en hart wat Paulus in sy brief aan die Korinte die ongeruimdhede aanspreek en hulle eintlik (nie te ligtelik) oor die vingers tik. Nie omdat hy ‘n ‘fight’ met hulle will ‘pick’ nie, maar omdat hy hulle liefhet, want Christus het hulle lief. As Paulus net na die gelowiges in Korinte moes kyk soos wat mense na hulle kyk, het hy nie regtig rede gehad om vir hulle lief te wees nie…daarvoor was hulle veels te onsedelik, moreel korrup en verdeeld! Maar wat Paulus deur sy opstandingsbril onder leiding van die Gees raaksien, is dat die gemeente van Korinte kinders van God is, en dat Hy hulle bitter baie liefhet.
En alhoewel Paulus vir hulle die ‘kwaai oog’ gee, doen hy dit met liefde en insig, en leer en bemoedig hy hulle. Want hy weet vir hierdie jong gemeente, wat maar nog op ’n baba se dieet ‘operate’, het God gróót planne; om te groei en geestelik volwasse te raak sodat hulle bruikbaar kan wees vir Hom. Hy wat Paulus is, moes hulle net help om hulle fokus reg in te stel, and to keep The Main Thing, The Main Thing.
In hierdie volgende gedeelte van ons reeks, kyk Siegfried na hoe Paulus sy insig van sy eie opstanding in Christus kon toepas om die Korinte te help om hul opstandingsbrille op te sit, en hul fokus te ‘shift’ na Jesus.