Die Motiveringsgawes – Bemoedigende Vermaner en Gewer (Liesl Maré)
Nou wéét ek, ek wéét ek is íets maar nog nie seker wat nie! Profeet, Dienaar en Leraar klink wonderlik maar eish dit ‘tick’ nie al my boksies nie. Is ek dan ‘n krom vinger of ‘n halfwerkende been, of is ek dalk iets anders?
Was Paulus ‘n Bemoedigende Vermaner, en indien wel, hoe het dit gelyk? En ‘n Gewer? Daar is min voorbeelde van Paulus as ‘n Gewer, maar die feit is – hy het dit als uitgelééf en hy is ‘n wonderlike voorbeeld van iemand ‘that represented Jesus well.’ En Jesus was die grootste Gewer van alle tye.
Kom ‘journey’ verder saam soos ons kyk na die Bemoedigende Vermaner en Gewer en sien of een van daardie skoene jou dalk pas.
Wees ‘expectant’ om jou skeppingsdoel verder te ondersoek en ook dat God vir jou bemoedig daardeur.