Die Heilige Gees en my storie (Siegfried Maré)

Vervulling met die Heilige Gees is sekerlik die heel grootste gebeurtenis wat in enige wedergebore Christen se lewe kan gebeur. En wanneer hierdie gebeurtenis plaasvind, begin ‘n onbeskryflike intieme, liefdevolle liefdesverhouding met die Here. ‘n Verhouding wat groter en belangriker is as enigiets wat jy ooit kan imagine, ‘n verhouding wat jou omdop en jou nuut maak. As die Heilige Gees sy intrek in jou kom neem, is daar vir seker spin offs. Jy verander. Jou manier van lewe verander. Jy begin anders optree. Jy begin anders dink en doen en met ander oë na die mense rondom jou kyk. Die Heilige Gees werk van binne af, sodat ons kan werk na buite toe. Hoe kan mens die Here waarlik dien sonder die Heilige Gees in jou binnestes? Dit is seker soos om ‘n blinkgepoetste motor sonder ‘n enjin te hê. Jy sal seker saamstem, hou Hom weg en jou Geestelike lewe is so dood soos ‘n lap.

Maar tog sukkel ons soms om die konsep van die Heilige Gees te verstaan. Wie is Hy, en wat kom doen die Heilige Gees dan vandag in ons lewens? Ons kyk bietjie na waar die Heilge Gees in ons lewensstorie inpas, en hoe Hy ons hand (saggies) vat en lei na intimiteit met ons Vader.