Die Kruis: Deel 5 – Vrygewigheid van die Kruis (Liesl Maré)
“So, let us run with endurance and keep our eyes on the author and the finisher of our faith, let us hold onto the joy that will be ours, waiting eagerly and expectantly, because we will surely reap what we have sown. May we not grow weary, but do good as far and wide as we can, knowing God sees all and will reward us in due time.” – Liesl Maré, Women of Reverence
As volgelinge van Jesus besef ons almal duidelik wie Jesus is en dat Hy aan die Kruis gesterf het – dit is tog die basiese Christelike boodskap, nie waar nie? Maar het jy al ooit regtig gaan sit en dink aan wat Hy als vir jou opgeoffer het? Jesus het alles vir my en jou gegee – Sy lewe in die hemel opgegee sodat Hy vir ons ‘n pad soontoe kon maak. Ons moet hierdie regtig snap, anders word die Kruis net nog ‘n godsdienstige konsep of simbool in ons lewe. Volgende in ons reeks oor Die Kruis, gesels Liesl met ons oor Vrygewigheid van die Kruis, en ons kyk na wat hierdie opoffering van Jesus beteken het en waar dit ons laat. As Jesus ons voorbeeld van vrygewigheid is, hoe lyk dit en hoe pas ons dit toe in ons lewens?