Die Pad na Heiligmaking: Deel 1 – Wat, hoe en hoekom?  (Jerry Bouwer)

Hierdie maand skop ons af met die boek Petrus, rondom die tema – heiligmaking oftewel sanctification. Om heilig te leef is ’n uitdaging…wel, so dink seker meeste van ons. Dit is ‘n proses, en dit gebeur ook nie vanself nie. Tog roep die Here alle gelowiges op tot heiligmaking. Heiligheid is ’n pad waar ons leer om al hoe minder die pot mis te sit en al hoe meer te doen wat God wil hê ons moet doen.

Jerry deel enkele gedagtes oor heiligmaking – wat is dit, hoe doen mens dit, en hoekom doen ons dit? So, kom join ons soos ons journey deur die boek Petrus begin, en ons begin kyk na al die verskillende aspekte van heiligmaking sodat ons toegerus kan word op hierdie pad na heiligheid.