Die Pad na Heiligmaking: Deel 2 – Dis nodig (Siegfried Maré)
“Heiligmaking vereis altyd die teenwoordigheid van God…nie soseer die afwesigheid van sonde nie, maar die teenwoordigheid van God.” Jerry het verlede Sondag ons reeks, “Die Pad na Heiligmaking” so mooi begin oopbreek vir ons, en dit is bemoedigend om te weet dat, al sit ons die pot (soms of baie keer!) mis en val ons met ons agterstewe in die sonde, diskwalifiseer dit ons nie van heiligmaking nie. God se droom vir ons almal is dat ons heilig sal wees – opsy gesit vir Hom. Afgesonder vir ons Vader. Hoe meer ons afgesonder is vir God, hoe minder vorm ons deel van die wêreld. Hoe meer ons God se dinge doen, hoe minder tyd het ons vir die wêreldse dinge. Hoe meer tyd ons aan God se dinge spandeer, hoe heiliger is ons.
Heiligmaking gaan oor verhouding met God. J.I.Packer maak die volgende gevolgtrekking “Die heiligste Christene is nie die wat die meeste besorg is oor heiligheid nie, maar die wie se denke en harte en doelwitte en liefde en hoop die meeste gefokus is op die Here Jesus Christus.” Heiligmaking se barometer is nie die level van sonde in ons lewe nie, maar die diepte van ons verhouding met God.
In hierdie tweede deel in ons reeks, bou Siegfried verder op wat Jerry aangeraak het, en kyk hy meer in diepte na hoekom heiligmaking nodig is, en wat gebeur met ons wanneer ons dit najaag.