Die Pad na Heiligmaking: Deel 6 – ‘n Belewenis (Siegfried Maré)
Ons Heiligmaking is nie ‘n ‘arrival’ nie – ‘n passiewe ‘hier is ek nou en hier bly ek totdat ek eendag gaan nie’. Nee, dit is ‘n groeiproses en belewenis en vereis ook van ons iets; om God se Hand te neem en Hom toe te laat om te doen wat gedoen moet word, al is die groeiproses soms eina. In 2 Petrus 1:1-8 gee Petrus vir ons ‘n lys van Christelike eienskappe en moedig hy ons aan dat ons lewens van hierdie eienskappe moet ‘skitter’, dat dit behoorlik by ons moet uitstraal sodat ander dit ook kan beleef. Deugsaamheid. Kennis. Selfbeheersing. Lydsaamheid. Godsvrug. Broederliefde. Naasteliefde. As’t ware ‘n ‘tick’lysie van hoe jy moet dink, hoe jy moet optree, en selfs wat jy moet sê om ‘n lewe te leef wat God behaag. Die dag gaan kom wat ek aan die Here se sy sal staan; Sy werk in my volbring – en ek uit volle bors kan skreeu, wat ‘n BELEWENIS! Tot daardie dag kom, gaan ek nie in ‘arrivals’ rondhang nie, maar die pad met volharding stap om in heiligheid te groei, met die wete: God sien my reeds as heilig – en Sy beloftes is vir my!