Die Pad na Heiligmaking: Deel 7 – Anders (Siegfried Maré)
Wat maak ons, die heiliges, anders? Wel, ons kyk weg van onsself…na Jesus. Heiligheid begin deurdat ons al hoe meer vir Jesus in ons harte heilig, en Hom in ons lewe openbaar omdat Hy groter beslag op ons lewe kry. Ons is altyd en oral bewus van die teenwoordigheid van Jesus Christus. Ons leef toegewy aan die Here. Ons dien ons naaste ter wille van Jesus. Heiliges is mense wat hulle voete stewig op die aarde het, en in die realiteite waarin hulle leef hul verantwoordelikheid opneem en ‘n verskil maak. Dit is ons!
Heilige mense, mense wat aan God behoort, óns, het ‘n sagte oog vir ander, ‘n vriendelike hart, en ‘n oop hand.
Soos ons groei in ons geloof; soos ons die pad van heiligmaking stap, so besef ons ook meer en meer wat ons verantwoordelikheid is, en hoe ons God hier op aarde moet verteenwoordig.
Kom ons leef uit wie ons is. Heiliges. Toegewy aan God. Want ons behoort in Christus Jesus aan God!