Die punt van my storie (Siegfried Maré)

Deel 1: Bekering van dooie werke

Elke storie moet ‘n punt hê en elke punt moet ‘n storie hê.

Wat is die punt van my storie? Wat wil ek graag met die vertelling van my storie oordra? En hoekom is dit so belangrik dat ek ook iets wil sê, sodat die wat my storie hoor ook die beloftes kan bekom wat ek bekom het?

Sondag kyk Siegfried na die eerste PUNT van die ses basiese dinge in Heb 6:1-3 wat ons moet “kry” (glo in) om IN Christus te wees: Bekering van dooie werke.