Gawes-reeks: Deel 2 – Wat is my gawe? (Liesl Maré)

Waar pas ek in? Wat is my gawe? Het ek ooit ‘n gawe? Wat moet ek doen om een te kry as ek séker is ek was agter in die ry en het nooit een gekry nie?

In Deel 2 van ons reeks, journey ons verder op die gawes-pad. Ons gaan kyk of almal gawes gekry het of nie, en begin kyk na wat ons veronderstel is om met die gawes te maak.

Kom sluit by ons aan en begin sien hoe jy ‘n integrale liggaamsdeel is van die liggaam van Christus.