Gawes-reeks: Deel 3 – Die Genadegawes: Profeet en Dienaar (Liesl Maré)

Noudat ek besef ek het seker ‘n gawe (die Woord sê so), hoe vind ek uit watter een het ek? Is ek ge-amputeer of is ek nog deel van die Liggaam? En wat kan ek doen met my gawe?

In hierdie derde gedeelte van ons reeks, begin ons kyk na die motiveringsgawes of genadegawes uit Romeine 12. Dis die gawes wat in ons DNA opgesluit is en elkeen van ons het ten minste een, ongeag of ons so voel of nie. Om die waarheid te sê het elke mensie wat op hierdie aarde is, ene. Ons begin leer wat is die liefdes van elke gawe – daardie een ding wat jou lewendig maak as jy dit doen! Ons gaan begin op die journey om ons skeppingsdoel te ontdek.

Kom journey saam met ons en word saam opgewonde oor hoe God jou, en ander, aanmekaar geweef het!