Die waardiglike wandel voor God (Liesl Maré)

Paulus se brief aan die Tessaloniërs word beskou as sy heel eerste brief aan ‘n kerk. Hy skryf hierdie brief soos ‘n trotse pappa en bly hulle oor en oor eer vir hulle liefde, hoop, werke en dat hulle nie opgee nie. Die Tessaloniërs doen, om die waarheid te sê, so goed dat almal maar almal al van hulle gehoor het! Paulus en Pappa God het werklik rede gehad om trots te wees!

In sy brief lig hy, soos ‘n goeie pappa betaam, so paar goedjies uit wat dreig om hulle geloofspad te laat wobble – hy bring dit in die lig en waarsku in beide die briewe daaroor.

In hierdie eerste boodskap in ons reeks oor Die Gawes van die Heilige Gees, gaan ons kyk waar ons en ons gawes inpas in die prentjie. God die Vader wil soos ‘n goeie pa vir ons kom bemoedig, sodat Sy naam orals gehoor kan word.