Guts to Glory (Siegfried Maré)
“No guts, no glory”. This means that if you do not have courage (guts) to take a risk, you will not be able to achieve a goal or success. It might be scary. But you know in your gut that it’s something you must do. Dit is hoe een webwerf oor woorde en hul stories dit beskryf. “No guts, no glory” binne ‘n Christelike verwysingsraamwerk klink dan so: This means that if you do not have courage (guts) to do God’s will, you will not be able to achieve a goal or success for God’s Kingdom. It might be scary. But you know in your gut and your heart that it’s something you must do.
Om die wil van God te doen kom nie aldag maklik nie. Dit is seker een van die grootste uitdagings vir elkeen van ons. Om die wil van God te doen is dikwels ‘n opdraande stryd – dit vat guts. En nie een van ons het ‘n knoppie in ons binneste wat ons kan druk om “instant guts” te verkry nie. Dit verg inspanning. Dit verg keuses wat nie maklik is nie. Keuses waar ons soms kies om teen die stroom te swem en nie noodwendig die pad van die minste weerstand te kies nie. Keuses wat ons maak om genoeg tyd elke dag by God se voete te gaan sit, sodat ons energie uit sy Woord kan tap. Sodat ons genoeg petrol bymekaar kan maak om elke dag suksesvol te voltooi, Sy wil vir ons uit te stap, en ook dié vir wie ons liefhet en omgee aan te moedig om dieselfde te doen. As ons dit regkry, sal die netto effek wees dat God se beloftes in ons lewens realiseer – nie net miskien nie, maar beslis.
Geloof, hoop, vertrou, moed hou, aanhou sterk wees, probeer weer, staan op, hou die handdoek styf vas en gaan sit by God se voete. Guts. Elkeen van dié moet ons motto wees, want as ons dit regkry, sal ons vir seker binne die wil van God bly.
Maar wat beteken dit in die praktyk, daar waar ek elke dag die guts moet hê om binne God se wil te loop? Hier is vir ons elkeen nog baie werk. Kom ons maak ’n commitment en maak planne om ‘n “guts to glory” lewe tot eer van God te lei.