Heiligmaking en my woorde (Liesl Maré)
Shakespeare het gesê ‘to be or not to be’, maar ek dink een van die grootste uitdagings vir ons as die ‘saints’ van God is: ‘to say or not to say’.
Daar lê soveel krag in ons tonge en woorde – die krag van lewe en dood, selfs die krag om die rigting van ons lewens te bepaal. Ons tonge word vergelyk met die roer van ‘n skip; die kleinste deel maar tog die belangrikste vir die rigting van die skip!
Sou dit nie wonderlik wees om ‘n duidelike teken te kon gehad het nie: ‘Draai Noord vir heiligwording – draai Suid vir vernietiging’? Paulus het soveel keer in sy briewe aan die kerk verwys na ons woorde en woordgebruik. God beklemtoon die belangrikheid daarvan oor en oor in die Woord en ons kan nie anders as om te besef dis deel van die pad van heiligmaking nie.
Kom kyk hoe hierdie roer in jou lewe werk sodat ons saam kan seker maak ons skip bly in die regte rigting – die rigting van heiligmaking.