Heiligmaking, my gawes…en werk (Delmaine Fritz)
Verlede week het Delmaine met ons gesels oor die ‘oefenveld’ waar ons ons gawes se spiere kan bou – veilig binne ons kerkgemeenskap. Maar, ons is nie op hierdie aardbol geplaas om dit veilig te speel nie…elkeen van ons se uitdaging is om dit wat ons binne ons safe space leer, te gaan toepas in die wêreld daar buite. En een van die meer challenging plekke, glo dit of nie, mag dalk by jou werk wees. Dis die een plek waar jy nie graag as die weirdo gelabel wil word nie. Maar soos iemand een keer gesê het: “I’d rather be a fool for Christ than be a wise man of the world.”
Paulus is weereens vir ons ‘n skitterende voorbeeld van ‘n man wat sy gawes, op sy pad na heiligmaking, in alle sfere van sy lewe uitgeleef het. Kom luister na hoe Delmaine die toepassing van ons gawes in hierdie worldly wêreld, verder vir ons oopbreek.