Heiligmaking, my gawes…en kerk (Delmaine Fritz)
Ons journey hierdie maand op die pad na heiligmaking – ons Vader se droom vir ons elkeen. Verlede week het ons gesels oor die hoe, wat en hoekom van heiligmaking – en hoe dit als tot glorie van ons Jesus is! Hierdie week kyk ons na die ‘bagasie’ oftewel pakkie waarmee God ons elkeen op hierdie journey toerus: ons gawes.
As jy nie jou pakkie gawes uithaal en daarmee woeker nie, lyk die liggaam van Christus daar waar jy woon en werk en speel net nie lekker nie…en ons ‘training ground’ om ons gawes te beoefen en sterk spiere te ontwikkel, is by die kerk. Daar leer ons in ‘n veilige plek hoe om mekaar lief te hê, te stig, op ‘n bemoedigende wyse te vermaan, en met genade mekaar in liefde te ‘cover’. Daar leer ons hoe om te dien en kan ons baanbreker werk vir ons Here doen. Dit is binne die liggaam van Christus waar ons leer om met ons gawes te woeker en saam met ander lede te werk om ‘n verskil in God se Koninkryk te maak. Elkeen het sy werk. Jy en jou gawes is nodig binne die liggaam van Christus.
Paulus is vir ons so mooi getuienis van ‘n man wat op sy pad na heiligmaking, sy gawes voluit gebruik het om ‘n verskil te maak. Delmaine gesels met ons oor hoe ons Paulus se voorbeeld kan volg. Mag jy inspireer word om jou gawe te soek, dit op te pas, en dit te ontwikkel binne jou gemeenskap van gelowiges, sodat jy van daar af sal uitgaan en dit gebruik om ’n verskil te gaan maak!