Het jy die guts? (Siegfried Maré)

Ons almal neem besluite elke dag, deur die hele dag. Sommige besluite is klein, ‘n paar is lewensveranderend: Papier of plastiek. Kafeïen of dekaf. Chicken or beef? Medium, ‘rare’ of ‘well-done’. Lae vet of volroom melk. Die meeste items wat jy soek, het ‘n menigte tipes, handelsmerke, kleure en pryse. Ander tye moet ons meer belangrike besluite maak: Met wie moet ek trou? Moet ek ooit trou? Watter loopbaan moet ek volg? Watter bediening moet ek kies?

Dr. William L. Pettingill, die bekende Christen leraar en outeur, het die volgende opmerking oor die onderwerp van God se wil gemaak. “Die meeste mense, ” het hy gesê, “wil nie die wil van God weet om dit te doen nie; hulle wil dit weet ten einde dit te oorweeg.” Wat hy gesê het, is waar. Baie mense wil net die wil van God weet sodat dit een van die opsies is wat hulle kan oorweeg, maar dit beteken nie noodwendig dat hulle daardie opsie gaan uitvoer nie. Dit vat guts om te sê; “Ja, Here, net Jy, daar is vir my geen ander opsie nie”. Het jy die guts (moed, oortuiging of vasberadenheid), om die dinge daarbo te kies? Het jy die guts om jou vlees neer te lê, en die wil van God te kies – dit is ‘n keuse wat ons elke dag moet maak. Het jy die guts om dit te doen?