HOEKOM JESUS…want in Jesus is daar hoop (Andrie Bouwer)
Rom 8:25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
Andrie deel haar emosionele getuienis van die swart maalkolk waarin sy haarself die afgelope vier maande bevind het…’n maalkolk van aanvalle op haar gedagtes; aanvalle op haar kindskap. Dit was soos ‘n kombers wat haar amper versmoor het en sy het gevoel of sy geestelik besig is om ‘n stadige dood te sterf. Sy het so ver van die Here af gevoel…so ver dat sy selfs haar redding begin bevraagteken het. Hoe het sy daaruit gekom en terug in die troonkamer, by God se voete? Terug by HOOP.