Hoop van Redding (Siegfried Maré)
Paulus draai nie doekies om nie. Die mense van Korinte is redelik van die pad af. Daar is van die gemeentelede wat lekker in die sonde bad en dit is asof die res net hulle oë daarvoor wegdraai. ’n Kind en stiefma leef soos man en vrou saam. Daar is ’n man wat onsedelik lewe en nog vele meer. Paulus sê dat dit nie so kan aangaan nie. Die kwaad moet met wortel en tak uitgeroei word. Selfs die nie-gelowiges begin nou al oor die verkeerde dinge praat. Wat ‘n skande!
Paulus se wakeup call aan die gemeente, kom nie vanuit ‘n beterweterige, vinger-swaai, julle-beter-doen-wat-ek-sê-ÓF plek nie. Paulus se verstaan van sonde en die gevolge daarvan, kom vanuit ‘n gróót verstaan van die liefde. Hy het presies geweet uit watter gutter die Here hom kom haal het. En daardie insig gee vir hom die aansporing om boldly met die gemeente te raas – nie omdat hy die kwaai oom is wat die onhebbelike jong gemeente wil vasvat nie, maar omdat hy hulle liefhet en van die genade wat hy van God ontvang het, aan hulle wil uitdeel.
Siegfried kyk na hoe Paulus se liefde en insig oor sonde se gevolg, hom motiveer het om boldly op te staan en Christus te verkondig sodat daar hoop kon kom vir die wat nie gered is nie. En hoe liefde ook ons aansporing is om tot aksie oor te gaan.