Intimiteit met God: maak dit ‘n lewensstyl (Siegfried Maré)

Jonatan. Gideon. Dawid. Jesus. So stap ons die afgelope paar weke op ‘n reis deur die Bybel, op soek na die antwoord: wat beteken ware intimiteit met God? Ons werk deur die tick lysie: jy moet geloof in die Persoon van God hê; jy moet jouself oorgee aan Hom; jy moet onthou wat Hy al vir jou gedoen het; jy moet bereid wees om ‘n risiko met Hom te neem; en dan moet jy DOEN. Dit is die ankerpunte wat ons nodig het op ons journey na intimiteit met ons Here. Maar, jy sien, die gelollery kom wanneer dit als net ‘n tick lysie bly…want dan mis jy dit.

Ware intimiteit met God is nie ‘n kopding nie. Dit is ‘n hartding. Kopkennis mag jou laat glo in God, in Jesus en wat Hy vir jou gedoen het, in die Heilige Gees wat by jou is. Maar ware intimiteit met God lê in die holtes van jou hart opgesluit. Dit is wanneer jy daai lightbulb moment het wanneer jy besef dat jy nie net Sy skepsel(tjie) is nie, maar Sy love language – JY is SY liefdestaal. HY wil JOU hê. Hy wil Sy gedagtes, wat Hy voel, Sy begeertes en Sy hart met JOU deel. Hy wil jou op groot avonture neem! Ons kan so in awe wees oor God se grootsheid, dat ons die Persoon van God miskyk. Ons is so intent daarop om als “reg” te doen om intimiteit met Hom te bereik, dat ons Sy kwesbaarheid misken en dan die pot heeltemal mis sit om ‘n atmosfeer te skep waar Hy homself aan ons kan onthul.

Paulus was ‘n man wat (letterlik) ‘n baie helder light bulb moment gehad het. Daai dag wat die spotlight uit die hemel op hom neergeskyn het en God vir hom gesê het; “Saul, Saul, waarom vervolg jy my”, het die besef van wie God is in die holtes van sy hart gaan vasanker, en het sy reis saam met Heilige Gees begin wat tot vandag toe nog mense se monde van verwondering laat oopval. Paulus het Sy Vader geken – régtig geken, en dit was nie net ‘n ensiklopediese kennis nie. Hy het gelewe in ‘n atmosfeer waar God, deur die Heilige Gees, deur visioene en drome Homself aan Paulus onthul het. Ons lees daarvan in Handelinge 16 – waar die Heilige Gees letterlik hulle kompas was. Al wat Paulus vir die res van sy lewe nagestreef het, alles wat hom gedryf het, dit waarvoor hy geleef het, was gebore in die intiemste plek waar hy en God saam ge-dwell het. En God vat vir Paulus, vervolger van die kerk en van Jesus, en maak van hom ‘n Apostel van die Nasies.

Bill Johnson het gesê: “Royalty is my identity. Servanthood is my assignment. Intimacy with God is my life source.” Kom ons leef dit.

Siegfried kyk Sondag na hoe ons ook, net soos Paulus van ouds, intimiteit met God ‘n lewensstyl kan maak.