Jesus, ek en wonderwerke (Siegfried Maré)

In die Bybel lees ons baie van wonderwerke. Dooies word opgewek, siekes word genees, blindes kan sien, Jesus loop op die water, en baie meer. Selfs in die Ou Testament is daar baie verhale van wonderwerke.

Maar vandag, in 2021, sien ons nog daardie dinge gebeur?  Sommige glo ja, ander skud hul koppe. Die tye van wonderwerke is verby, dit het net in die Bybelse dae gebeur…

Ons weet anders….

Want vele wonderwerke gebeur elke dag in ons lewens, en vele meer kan gebeur. Wanneer ons die storie van Jesus se wonderwerk by die Bruilof in Kana lees, is dit asof Johannes vir ons wil sê: waar ookal Jesus gegaan het en waar Hy in die lewe ingekom het, was soos water wat in wyn verander het. Hy bring saam met Hom ‘n sense of wonder. Al wat sy volgelinge moes doen om daarin deel te kon hê, was om te hoor wat Hy sê, en dit te doen- selfs foolish dinge soos om wynkruike vol water te maak.

Siegfried gesels met ons oor “Jesus, ek en wonderwerke”. Mag ons nooit enige iets in ons brose lewens as vanselfsprekend aanvaar nie, maar na alles kyk as ‘n  wonderwerk gestuur uit God se goeie-gewende hande van liefde en genade.

En mag ons meer en meer soos Jesus wonderwerke doen, alles tot Sy glorie.