Jesus, ons sê net dankie…vir Verhouding! (Jaco van der Walt)

“PAULUS, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus…” So begin Titus 1 met ‘n ‘portefeulje’ van Paulus, waarskynlik een van Jesus se mees susksesvolle verteenwoordigers van alle tye. Met alles in hom het hy al die stoppe uitgetrek om die evangelie aan mense te bring wat nog nooit van Jesus gehoor het nie. Behoorlik die wêreld aan die brand gemaak vir Jesus. Wat ‘n voorbeeld van ‘n ‘goeie christen’ was hy nie; nie net kneg nie maar dienskneg… ja, ‘n slaaf uit vrye wil en dan bo-op dit ‘n apostel: iemand wat uit vrye wil uitgaan, so ver as wat hy kan en God se Woord verkondig. Hoe kán so ou dan nie in die Hemel kom nie?! Wel, Saulus aan die anderkant was ook ‘n ‘dienskneg en apostel’, of altans sy eie weergawe daarvan… van kleins af het hy die torah uit sy kop geleer, gedien in die kerk en sy idee van apostel wees was om later uit te gaan, sover as wat hy kan… om Christene te vervolg!! Hmmm… baaaaaie anderste pad dáái!

Jaco kyk na watter pad ek en jy stap in die uitstap van ons geloof – is dit ‘n Saulus, of ‘n Paulus pad? En in ons maand van Dankbaarheid, sê ons dankie Jesus, vir Verhouding!