Die Motiveringsgawes – Profeet (Liesl Maré)

Móét alle profete sprinkane eet? Hopelik hoef nie alle profete kameelhaarklere te dra en wilde heuning te eet soos Johannes die doper nie?! Maar hoe het Paulus ons gewys hoe die motiveringsgawe van profeet uitgeloop word? Het hy enigsins die gawe van profeet gehad?

Ons weet hy was ‘n man met baie ervaringe, avonture en was beslis nie verveeld of vervelig nie! Maar het hy werklik die gawes van Romeine 12 uitgeleef? En indien hy het, watter sien ons raak in Thessalonicense?

Van hierdie week af delf ons weer in die Motiveringsgawes in, kom journey verder saam en vergewis jouself van watter nou weer jou hoofgawes is. Kom bemoedig jouself dat God vir jou jou eie unieke kombinasie van gawes gegee het, gawes waarmee jy ‘n verskil kan maak in die mense om jou se lewens.