Die Motiveringsgawes – Voorloper en Sagmoedige (Liesl Maré)

Sagmoedige Sannie, of Jannie? Ongevoelige Neels of Janet? Soveel verskillende mense met sulke verskillende maniere en optredes! En baie keer sit ons van die buitekant en kyk in en besluit ons weet presies wat in hulle harte aangaan; ons veroordeel sommer daar ‘on the spot’. Die Here se DNA is in elke mens, elke kosbare mens en in hier aan die einde van ons reeks kyk ons na die laaste, maar beslis nie die minste nie, van ons DNA gawes.

Kom ‘embrace’ saam met ons die laaste twee en werk saam deur Tessalonisense waar Paulus vir ons ‘n voorbeeld stel. Die Voorloper kry dinge gedoen en breek nuwe grond oop; die Sagmoedige maak seker die liggaam verloor nie haar hart in die proses nie. Sulke uiteenlopende gawes maar ai, so nodig, want wat sal ‘n liggaam wees sonder ‘n paar skouers en ‘n hart!