Om jou kruis op te neem (Jaco van der Walt)
“Elke huis het sy kruis”, of, “hierdie is maar my kruis om te dra” is opmerkings wat ons hoor wanneer mense deur moeilike tye gaan of voor uitdagings te staan kom; miskien selfs uit ons eie monde? Maar, het ons al mooi daaroor gedink… probeer ons die “lyding” of uitdaging waardeur ons gaan te vergelyk met Jesus se kruisdood, die lyding wat Hy aan die kruis ervaar het of die kruis wat Hy moes dra oppad na Sy dood?
In hierdie laaste gedeelte van ons journey deur Handelinge, kyk Jaco na “Wat beteken dit om jou kruis op te neem?”, waar ons hierdie voorbeeld in Paulus het en die pad wat hy moes stap om die evangelie te verkondig …eweskielik lyk die “kruise” wat ons vandag ronddra nie meer so swaar nie!