Opstandings Lewe (Andrie Bouwer)

Kyk, as daar nou een ou is wat geweet het watse struggle dit is om die goeie te wil doen maar opeindig om die slegte te doen, dan is dit Paulus.

Oh man!! Wat ‘n stryd!!

Paulus het self getuig – jong, op my eie kan ek dit net nie doen nie, ek het hulp nodig! Hy was ‘n sondaar en daardie werklikheid het hom dag na dag in die gesig gestaar. Elke keer as hy trip dan weet hy net weer, hy het meer en meer hulp nodig!

Ons kan so daarmee identifiseer; ons probeer en probeer maar land telkemale op ons neuse!

Maar hierdie selfde Paulus het so groot deel van die Nuwe Testament kon skryf juis omdat hy hierdie stryd bly veg het en getrou kon hardloop tot reg aan die einde. Hy het nie sy vlees, sy vyand of sy wêreld hom laat onderkry nie. Hy het gewéét waar sy hulp vandaan kom en hy het dit daar gaan kry; keer op keer op keer.

Kom luister saam hoe Andrie vir ons deur Paulus se storie vat en ook haar eie getuienis deel van hoe die vyand nie haar stem weggevat het nie, al het hy hard probeer.

Ons gaan hoor wat is daardie hulp wat Paulus gekry het om ‘n Opstandings Lewe te lewe en hoe dit in elkeen van ons se lewens ook die resep kan wees sodat die vyand ons nie stilmaak nie en ons die wedloop suksesvol kan voltooi!!