Genade (Delmaine Fritz)

As daar nou een persoon was wat die genade van God baie goed verstaan het, dan was dit Paulus. Die vyand sou oorstelp van vreugde gewees het as Paulus so vasgevang gebly het in die berou en skuldgevoelens oor wat hy als as Saulus aangevang het, dat hy nie die Here se genade wou aanvaar het nie – want dan sou hy van geen waarde vir God wees nie. Maar deur ‘n genade-ervaring daar op die pad na Damaskus; deur sy aanvaarding van daardie genade, en deur sy toewyding om dit te gaan uitleef, kon dít wat hom magteloos sou maak, omgedraai word in seën. En kon God hom tot Sy eer gebruik. Paulus het geleer hoe om in God se genade te leef. En hy het geleer hoe om dit te gaan uitleef.

Wat beteken God se genade vir jou? Hoe lewe jy in genade, en hoe leef jy dit uit? In sy bemoedigende boodskap breek Delmaine hierdie vrae vir ons oop, en rus ons toe om die genade wat ons ontvang, ook te gaan uitleef.