Hart (Siegfried Maré)

Daar op die stofpad na Damaskus ondergaan Saulus ‘n totale hartoorplanting. Hy verander van ’n godlose wese wat op die pad van die duisternis rond strompel na iemand wat ewe skielik met durf, ’n missie en ’n huppel in die stap in die lig wandel. Paulus kry ‘n hart wat geen grense ken nie. Maar soos ons verlede week gehoor het, het hy nie net blindelings sy eie hart gevolg en die eerste beste windrigting ingevaar nie. Nee, hy het ‘n Plan gehad, en uit Paulus se skrywe is dit baie duidelik dat die Heilige Gees sy kompas was.

Handelinge 16 is seker een van die beste voorbeelde van hoe die Heilige Gees in Paulus se hart ingepraat het, en vir hom ongelooflike, absolute, en duidelike gedetailleerde leiding gegee het van waar om te gaan, wat om te doen, waar om te ‘let go’, en wat om aan vas te hou. Paulus, eens ‘n moordenaar, word so sag soos ‘n lammetjie en laat die Heilge Gees toe om deur sy hele hart, sy hele siel en sy hele verstand te waai (Mat 22:37). In so ‘n mate dat hy selfs pyn sou verduur vir mense wat hy nie eens ken nie.

In hierdie volgende hoofstuk in ons reeks, kyk ons na die Kruis se invloed op Paulus se hart…en kry ons iets om oor na te dink: is die Heilige Gees die Kompas van jóú hart? Laat jý Hom toe om deur jou hele hart, jou hele siel, en jou hele verstand te waai?