Reeks: Die Godheid – God, Jesus en Heilige Gees (Liesl Maré)

Deel 1: God – die Skepper, die Vader

Iemand moet hierdie vandag hoor.

Miskien is jý die een wat dit moet hoor?

Weet jy wat? God het jou lief. Regtig egtig ongelooflik BAIE lief! Hy het jou lief met ‘n ewigdurende, onvoorwaardelike, volmaakte liefde, wat ons menslike verstand heeltemal te bowe gaan.

Weet jy hoe lief God jou het?

Dalk moet jy net weer daaraan herinner word, of dalk ken jy iemand wat sukkel om dit te glo?

In ons reeks oor Die Godheid, gesels Liesl oor God, Jesus en die Heilige Gees. Alhoewel ons jare kan besig wees met net een van die Drie, gaan ons vlugtig die volgende drie Sondae kyk na wat elke deel van die Godheid se hoofkaraktertrekke is en wat dit vir ons beteken.

In hierdie eerste deel praat ons oor God- die Skepper, die Vader – Almagtige God wat ons ONTSAGLIK liefhet. Ons delf bietjie in wat hierdie Vaderskap regtig vir ons en vir die wêreld rondom ons beteken. Pappa, Abba is wat Jesus Hom genoem het, ons gaan kyk hoe die vader-wond ons weghou van die volle openbaring van wie HY IS.

Kom explore saam met ons die volheid van ons wonderbaarlike God, wat geen gelyke het nie.