Die Motivering – hoekom vas ons? (Siegfried Maré)

Kom ons wees maar eerlik; vir die meeste van ons is vas ‘n moeilike oefening; meeste van ons geniet die eet-ding te veel. Vir diegene wat dit nog nooit gedoen het nie, kan vas na ‘n vreemde besigheid lyk. Hoekom sal iemand gewilliglik sonder kos bly as hulle honger is?! Maar om te vas en te bid is een van die kragtigste dinge wat Christene kan doen. Dit is ’n geskenk van God en sal elke aspek van jou lewe positief beïnvloed. Vas gee ons die geleentheid om onsself losser te maak van aardse dinge, en vaster te maak aan God. Dit verwyder al die spinnerakke en geraamtes. Jou lewe word belig en jy sal kan sien hoe naby jy aan Jesus wandel.

Hierdie maand journey ons deur die boek Daniël, en gaan ons ‘n paar lesse uit sy vas-leefstyl neem. In hierdie eerste gedeelte, kyk Siegfried na Daniël se motivering om te vas – hoekom het hy dit gedoen, en wat was sy verwagting? Kom journey saam met ons, en word HONGER vir JESUS!