Verantwoordelikhede (Siegfried Maré)

Daniël was ‘n man wat vanuit sy posisie in die regering geestelike verantwoordelikheid geneem het vir die situasie in sy land. Met sy lewe van integriteit en verantwoordbaarheid onder alle omstandighede, het hy gesag en respek afgedwing. Deur gebed en sy ‘naby-aan-God’-leefstyl, het hy verantwoordelikheid geneem, nie net vir die toekoms van sy volk nie, maar ook vir die posisie waarin hy hom bevind het – die posisie waarin God hom geplaas het. Soos ons deur die boek Daniël journey, word dit duidelik dat sy gebede én lewe met die woorde: “Laat U koninkryk kom”, opgesom kan word. God was sy álles. En God neem ‘n jong Joodse man, plaas die verantwoordelikheid vir ‘n nasie én ‘n Koninkryk in sy hart, en skryf ‘n storie wat tot vandag toe ‘n impak maak.

Mag ons Vas-leefstyl God so behaag, dat Hy die verantwoordelikheid vir ‘n wêreld en Sý Koninkryk in ons harte en hande sal toevertrou. Mag die wêreld elke dag sien watter impak ons God in ons lewe het. Mag dit hulle aansteek en mag hulle ook ’n begeerte hê om die lewende God in te nooi en ook so vir Hom in die wêreld te lewe. Mag hulle Hom ervaar as Heerser, Geregtige en Ewige!

In hierdie laaste gedeelte van ons Vas-reeks, kyk Siegfried na hoe ons vas-leefstyl vir God ‘n geleentheid gee om aan ons verantwoordelikhede toe te vertrou.