Die Beginsels vir ‘n Leefstyl van Vas (Siegfried Maré)
Daniël het geleef om God te eer in sy lewe, maak nie saak wat dit hom sou kos nie. Hy het geweet dat ‘n leefstyl van vas en bid resultate oplewer; maar syne was ‘n leefstyl van eer – vas was nie vir hom ‘n resep om ‘n nuwe triek te traai om te kry wat hy wou hê nie; om God se arm te probeer draai nie. Vas was nie vir hom ‘n ritueel nie, maar ‘n leefstyl van nader aan God se hart leef. Sy rede vir vas het te make gehad met ‘n ‘bruid’ wat ‘n honger gehad het vir die Bruidegom; ‘n bruid wat ‘n soeke gehad het na die hart van die Bruidegom; en ‘n bruid wie se hart sáám met dié van die Bruidegom begin klop het. Vas was vir hom nie ‘n eendag-ding nie – dit was ‘n lewenstyl van ‘n dienskneg wat vir God én ander wou leef.
Vas is ‘n moeilike oefening. Maar dit is so integrale deel van ‘n Christen se leefstyl. Is vas ‘n ding wat jou hemel toe gaan vat? Is dit ‘n ding wat jou uit die hemel uit gaan hou? Nee. Maar jy gaan beslis ‘n voller lewe leef, en jou lewe sal bonatuurlik verander vir God se glorie. In hierdie volgende gedeelte in ons reeks, kyk Siegfried na die Beginsels vir ‘n Leefstyl van Vas, en hoe ons lewens daardeur vir God lof en glorie bring, net soos Daniël s’n.