Verstaan die Opgestane Lewe: Deel 4 – Verheerliking (Siegfried Maré)

Wat is die heerlikheid van God? Hoekom moet jy God se heerlikheid soek? As jy as kind in die Sondagskool was het jy seker ook baie keer gehoor dat jy veronderstel is om jou lewe te gebruik om God te verheerlik. Dit is nie iets wat die Sondagskool-tannie sommer uitgedink het nie, maar staan ‘n hele paar keer in die Bybel geskryf, so ons weet God is ernstig daaroor. Jy is gemaak om Hom te verheerlik. En die wonderlike belofte is dat God dit so beplan het dat ons deel kan hê aan Sy heerlikheid; deur Sy Gees bly Sy heerlikheid in ons harte.

So, sóék God se heerlikheid. Niks anders sal jou versadig nie. Wanneer jy Hom verheerlik, sal jy ten volle die opgestane lewe, léwe.

Siegfried kyk ons na hoe ons verheerliking van God ons help om ons Opgestane Lewe in Christus te Verstaan.