Verstaan die Opgestane Lewe: Deel 8 – Die Plek (Siegfried Maré)
Ons bid plek is die plek waar ons intieme verhouding met God begin. Dis die plek waar ons nader aan God groei en ingestel kan wees op Sy stem. Ons safe space waar ons net kan ‘wees’. Dis hier waar God met ons praat en Sy hart met ons deel oor hoe Hy dink die beste vir ons sal wees om deur ons opgestane lewe te loop. Dís die plek waar ons Sy hartklop hoor.
Dis hier waar God en ek aan die kuier is, waar nie net my lewe nie, maar ander mense se lewens ook anders raak.
Dis ‘n lekker plek.
Dis ’n voorreg om daar te mag wees.
En dan is ek anders, omdat ek in die teenwoordigheid van my Vader was.
In die volgende deel in ons reeks oor Verstaan die Opgestane Lewe kyk ons na hoe ons opstanding vir ons ‘n plek by Vader gee om te kan bid.