Verstaan jou Storie (Siegfried Maré)
In Efesiërs 1:15-18 bid Paulus ‘n pragtige gebed vir die Efesiërs: Hy vra “dat die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van Sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van Sy erfdeel onder die heiliges is.” God kon die groot Onbekende gebly het. Tog het Hy, van die oomblik dat Hy ons mense gemaak het, begin om Hom aan ons bekend te stel. God smag daarna dat ons Hom intiem ken vir Wie Hy is. Hy wil ons so graag bederf. Hy wil so baie aan ons bekend maak, Hy wil graag Sy wil openbaar, leiding gee en hulp gee waar Sy kinders Hom nodig het. Hy wil ons deel maak van wat Syne is, en Hy wil so graag ons geestesoë verlig dat ons kan weet watter hoop Sy roeping vir ons inhou.
John Piper stel dit so mooi: “Written on our hearts is a revelation that there is a God and that He has a will for His creatures to know Him and thank Him and make much of Him, and we know we have all fallen short.”
God het egter ook geweet dat dit vir ons onmoontlik sal wees om in ons eie menslikheid Hom regtig te verstaan. That we will all fall short. En daarom deur Sy liefde en genade het Hy vir ons ‘n manier gegee om Hom werklik te leer verstaan, en sodoende ons storie radikaal te verander. Siegfried kyk na hoe ons ons eie storie kan verstaan, en hoe God Homself alreeds aan ons bekend gemaak het.