Visie Sondag (Siegfried Maré)

‘n Visie het te make met ons droom vir die wêreld, en ‘n missie hoe om daarby uit te kom. Die Here sê in Sy woord dat Hy Sy kerk wil gebruik om Sy visie vir hierdie wêreld te laat gebeur. Kort en kragtig beteken dit: waarheen is ons oppad, en hoe gaan ons daar kom? Hierdie Sondag kyk Siegfried na Die Akker se “God-breathed” visie vir 2022. Hy en Jerry gaan gesels oor God se “besigheidsplan” vir Die Akker vir die jaar wat kom.

So, kom join ons – saam gaan ons gróót droom, gróót beplan en gróót dinge bereik deur ons Here se krag! Dit is welliswaar Sy belofte aan ons in Jer 29v11:

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.