Wat gee jou storie krag? (Siegfried Maré)
The very act of storytelling, of arranging memory and invention according to the structure of a narrative, is by definition holy… We tell stories because we can’t help it. We tell stories because we love to entertain and hope to edify. We tell stories because it fills the silence death imposes. We tell stories because they save us! – James Caroll
Elke persoon wat sy hart vir die Here gee en Jesus innooi in sy lewe, het ‘n storie. Daar was ‘n “pinnacle moment” waar jy alles binne jou moes neerlê en sterf in jouself, om plek te maak vir die Koning van konings in jou lewe. Dit is die grootste wonderwerk! Ons getuienisse is een van die grootste wapens om mense se lewens aan te raak en die Woord sê dat die getuienis en die Bloed van Jesus die oorwinning gee. Die vyand wil nie hê ons moet getuig oor die goedheid van die Here nie en hy lieg, deur te sê my getuienis is nie kragtig genoeg nie, of dat ek nie goed kan praat nie. Dit is alles ‘n leuen wat ons wil keer om oor die grootste wonderwerk van redding te getuig, want dit is wanneer ons getuig, wat die vyand begin bibber en beef van angs.
Maar, die realiteit is dat nie almal jou storie wil hoor nie. Wanneer jy vir God getuig sal jy baie hardkoppige mense kry, mense wat dit vir jou moeilik sal maak. Dit is een manier hoe die vyand ons stemme probeer steel. Wanneer ons dit egter regkry om jou storie en my storie te sien binne die konteks van die groter storie van God, wanneer jy op daai plek kom wat jy regtig weet wie God is en jy ontdek wie jy is, wie Hy jou gemaak het om te wees, en dat jy ‘n gesalfde is, dan besef jy jy is vervleg in ’n veel groter storie. Die storie van ALLE stories. En dat jóú storie krag dra. En waardevol is. God wil jou storie vat en daarmee ander se stories aanraak en vir altyd verander. Die Here stap saam en sal jou help om Sy werk op aarde te doen. Kan jy dink hoe ons stad kan begin lyk wanneer dit ingekleur word met die stories van die WOORD wat binne in my en jou werk?