Vrouedag Augustus 2025
Die Akker se vroue het 2025 se Vrouedag geniet op ‘n besonderse manier. Ons het The Pottery Studio in Greymont genader en ‘n spesiale program vir dames bymekaargesit. Raku pottery was op die spyskaart saam met heerlike koek, tee en middagete. Elke dame kon haar eie kleibakkie verf en dit is toe in die Raku oond gebak vir ‘n kort tydperk. Die bakkies het so verskillend en uniek uitgekom- presies wat die boodskap was. Elkeen is ‘n unieke kleipot, spesiaal handgemaak en met dieselfde doel om God se glorie in rond te dra. Ons het geleer dat die perfektheid van die pot is nie wat die verskil maak nie, maar wat dit vul(God se glorie). Hierdie konsep is uitgebeeld deur sakkies sout en peper wat in die bakkies gesit was.
Die vrouens het versterk daar weggeloop na ‘n dag van wonderlike voeding op alle vlakke- Gees, siel en liggaam.
















